Die sentrale ligging van die plaas tussen Warden en Bethlehem, slegs 18km vanaf die N3 hoofweg, (ongeveer halfpad tussen Pretoria en Durban asook Kaap-provisies en Kruger Wildtuin) maak Vreugde Gasteplaas die ideale oornagstop vir die kieskeurige reisiger wat rus en stilte verkies bo die aanhoudende lawaai van vragmotors en ander verkeer. Vreugde beskik ook oor netjiese fasiliteite vir familie- en groepbyeenkomste, klein selfsorg troues en enige ander spesiale geleenthede. Daar is 'n verskeidenheid besienswaardighede in die omtrek en die plaas kan as dien as basis om die omgewing te verken aangesien Vreugde Gasteplaas gerieflik geleƫ is tussen Bethlehem, Reitz, Vrede en Harrismith.
HOST: Katie Joubert2
ADDRESS: R714 Plus code 4RC8 +2R is a Warden, Warden, 9890
EMAIL: Email
PHONE: + 27 824 156 311